Skip to content
MYNBOU
LANDBOU
FINANSIEEL
EIENDOM
KOMMERSIEEL & INDUSTRIEEL
Previous
Next

WAT DOEN ONS

Ons bou besighede. ‘n Reis begin met ‘n enkele tree. Die eerste tree na entrepreneuriese sukses begin met ‘n enkele idee. Ons glo dat elke goeie idee ondersoek en nagestreef behoort te word. Hier by Schalk Burger Suid-Afrika – SB(SA) is entrepreneuriese avonture die dryfveer vir ons alledaagse bestaan. Ons bemagtig ons netwerk met innoverende besigheidsoplossings om ‘n nalatenskap en waarde in ons ondernemings, ons binnekring en ons gemeenskap te vestig.

REIS SAAM MET ONS OP SUKSES SE SPORE

Ons bewese rekord van entrepreneuriese uitnemendheid en deursigtigheid in besigheidstransaksies is sigbaar in:

Hoe ons winsgewende besighede met ‘n verreikende impak en invloed benader.

Hoe ons lewens verander en welvaart help skep deur die regte sakegeleenthede te identifiseer.

Hoe ons betrokke en lojale netwerk van kliënte en kontakte voortdurend bly groei.

Ons is ‘n betroubare vennoot en mentor, ‘n weldoener met jare se ondervinding, kennis, vaardighede en verbintenisse in die sakewêreld wat deurlopend verander. As besigheid-bouers, glo ons dat waarde geskep word deur strategiese verhoudings te benut en om daarop te kapitaliseer sodat dit tot wedersydse voordeel vir almal kan wees.

DIT IS HOE ONS VERANDERING AKTIVEER VIR TOEKOMSTIGE GENERASIES

ONTMOET VIR SCHALK

As stigter van Schalk Burger Suid-Afrika het Schalk homself as ʼn waardevolle, trotse Suid-Afrikaner binne diverse industrieë in die sakewêreld geposisioneer. Sy eerstehandse, omvangryke ondervinding in die entrepreneuriese arena oor die afgelope meer as twee dekades maak Schalk ʼn geloofwaardige katalisator vir goeie, etiese besigheid. Sy beduidende aandeelhouding in winsgewende ondernemings soos King Price Versekering, verskeie mynbou en verwante besighede (insluitend die Tokata Groep, ARM Andalusiet en Skulpter), en verskeie landbou besighede (insluitend uitgebreide boerdery, veeartsenykundige en reproduktiewe ondernemings, Tonnup en verskeie ander) is bewys van sy groot ambisie vir geleentheid. Schalk se opregte, toeganklike besigheidsbenadering word hoog geag. Sy vermoë om lewensvatbare en volhoubare ondernemings tot stand te bring het hy tot ʼn fyn kuns bemeester. Sy passie is om besighede te bou wat deursigtige vennootskappe bevorder, finansiële welvaart versterk en wedersydse groeigeleenthede in verskeie industrieë moontlik maak.

ONTMOET DIE SPAN

HOE WERK ONS

Die korporatiewe groepstruktuur van die SB(SA) Groep is verdeel in diverse sektorspesifieke afdelings. Hierdie struktuur verseker ‘n beter fokus en bestuur van aktiwiteite binne elke industrie, en verbeter die algehele korporatiewe bestuur en dryf.

MYNBOU

Gediversifiseerde mynbouaktiwiteite sluit in die besit en ontginning van steenkool, klei en andalusiet reserwes. Die verskaffing van bykomende dienste soos die verhuring van mynboutoerusting, die verskaffing van bourekenaardienste en algemene konsultasie in die optimalisering van mynbou praktyke, val ook binne die afdeling.

LANDBOU

Wat eers net ʼn beesboerdery was, is uitgebrei na wild, skape, boerbokke en gemengde gewasse met selfs embrio-laboratorium dienste in die groep. Die mees onlangse insluiting tot die portefeulje is La Couronne Wynplaas in Franschhoek, en ʼn toegewyde agri-veilingshuis.

FINANSIEEL

Die sektor waarin Schalk se passie lê. Saam met sy eie makelary en ander maatskappye soos Tonnup (ʼn alternatiewe kommoditeit verhandelingsplatform), is hy ook een van die grootste privaat individuele aandeelhouers in King Price Versekering, waar hy sy kundigheid aanwend om nuwe versekeringsprodukte te ontwikkel en maatskappye te stig.

EIENDOM

‘n Sleutelstrategie vir SB(SA) is om strategiese eiendomme te besit en te ontwikkel waar ook al hul werksaamhede is en waar hulle geleenthede identifiseer. Die portefeulje sluit plase (boerdery/mynbou), en kommersiële rekreasie eiendomme in.

KOMMERSIEEL & INDUSTRIEEL

Besighede in hierdie portefeulje sluit in Cars2rent (voertuig vloot verhuring), Tovani Trading (huurvlugte), sowel as besighede in die vervoer-industrie (mynbou, brandstof en landbou) asook Brikor Limited.

ONS WAARDES

GOD-VRESEND

Eerbied vir Sy gawes, genade en wysheid om alle saketransaksies uit te voer.

INTERGRITEIT & EERLIKHEID

Ons woord is ons eer, ons kom ons verpligtinge na en ons is eties in hoe ons besigheid doen. Deursigtigheid en konsekwentheid is die sleutel tot die handhawing van langdurige verhoudings met almal.

RESPEK

Teenoor elke lewende wese en die verhoudings wat ons vestig.

KULTUUR

Ons erfenis bied die grondslag vir ons verbintenisse en hoe ons werk om ons pragtige land te verbeter. Ons glo daarin om besighede op 'n grondslag van gesonde waardes en kultuur te bou.

admin@schalkburger.co.za

086 100 7272

233 Mooiplaats, R631 Road,
Zwavelpoort, Pretoria 0181

KONTAK ONS